Gabriëlskloof – ‘n Syrah Towerspel

Gabriëlskloof Landgoed in die Overberg skyn in Juliemaand die kollig op ’n indrukwekkende portefeulje unieke Syrah-wyne in sy nuut omskepte Landskapskelder. Die rare vertoongeleentheid, wat ’n plattelandse middagete langs ‘n kaggelvuur insluit, sal op Saterdag, 28 Julie, plaasvind.

Che Syrah, Syrah, ’n speling op Que Sera, Sera (wat moet wees, sal wees) verwys na die natuur se onvoorspelbaarheid en die min beheer wat daar oor die wingerde en die terroir-gehalte wat in elke Gabriëlskloof Syrah vasgevang is, is. Die gesegde, Que Sera, Sera, het in die 1950s met ‘n Doris Day-liedjie bekend geraak.

Gabriëlskloof is net buite Botrivier geleë – ’n streek wat van die land se beste Syrah-wyn produseer. Die grootste deel van die landgoed lê onder Syrah aanplantings, wat die inspirasie agter Gabriëlskloof se twee Landscape Syrahs, wat die diversiteit van die terroir uitlig, was.

28 Julie se Che Syrah, Syrah sal ’n intieme kykie na Gabriëlskloof se Syrah evolusie – van beide stilistiese- en terroir perspektiewe, asook van die ouskool-dae van die Swartrivier Shiraz tot die ontluiking van die Landscape Syrahs bied. Die geleentheid bring hulde aan uitstekende wyne wat ’n totale en verrassende ommeswaai in styl ervaar het: van dig en eikehout-gedrewe, tot verfyn en terroir-gedrewe.

“Dit gaan oor ons reis om die beste plekke en die beste klone op die plaas te vind en watter kombinasie van hierdie twee die beste wyn sal lewer,” sê Gabriëlskloof se wingerdboukundige en algemene bestuurder, Barry Anderson. “Dit wentel om die leerproses van hoe om met die land te boer; om na balans tussen die groei en die vrug te kyk; en oor die verfyning wat ons uiteindelik na die beste wyne vir ons Landscape-reeks gelei het.”

Tydens die Che Syrah, Syrah geleentheid sal gaste om 11:00 met ’n wynproe van die ouer wyne verwelkom word, waartydens ’n paar internasionale skatte en ook van Gabriëlskloof se vorige-, huidige- en toekomstige aanbiedinge waardeer kan word. Dit sal ook eerstehandse insigte tydens ’n wandeling deur die Landskapskelder insluit. Die toer sal deur die eienaar, Bernard Heyns, keldermeester, Peter-Allan Finlayson, en die wynmaker, Donovan Ackermann, gelei word. Daarna sal gaste ‘n heilsame fees, wat deur Gabriëlskloof Restaurant se sjef, Frans Groenewald, voorberei word kan geniet. Dit gaan natuurlik ook met Syrah in menigte vorms en geure gepaard. Tussen die watertand keuses van tuisgemaakte soppe en heerlike nageregte, sal die ster van die dag ’n heerlike lamsbredie, getrou aan sy Overbergse wortels, wees.

 

Kaartjies is van Juniemaand af teen R450 per persoon beskikbaar en sluit die Syrah-proe in die Landskapskelder en die wintersmiddagete met gepaardgaande wyne in. Besoek Gabriëlskloof se webwerf of kontak 028 284 9865 / info@gabrielskloof.co.za vir meer besonderhede.