Die Kruger Nationale Park is nog altyd ‘n baie gewilde toeriste aantreklikheid – nie net vir buitelanders nie maar ook vir Suid-Afrikaners. Een van Travelling Mystery Guest se mystery guests het onlangs by Satara gebly en ‘n staptoer in die park gedoen. Soos gewoonlik het die wildtuin, met sy verskeidenheid dier- en plantspesies, nie teleurgestel nie.