Lentevieringe by Gabriëlskloof

Gabriëlskloof, ‘n wynkelder buite Botrivier, wuif die winter vaarwel en vier fees met hul heel eerste Little Spring Market, want alles is vars, vrolik en nuut.

“Lente is dié seisoen van hergeboorte en vernuwing en dis wat ons graag terug verwelkom na die heuwels en valleie, wat ons pragtige landgoed omraam,” sê Nicolene Finlayson, proelokaal-bestuurder en die vrou van Gabriëlskloof se keldermeester, Peter-Allan Finlayson. “Dit is hierdie heerlike energie wat ons wil vasvang en met ons vriende wil deel by hierdie rooskleurige geleentheid.”

Die Little Spring Market nooi jou om op 1 en 2 September jou winterslaap af te skud en jou spens opnuut aan te vul met dit wat vars en vrolik is vanuit die die Overberg kontrei.

“Die hoofdoel van ons Little Spring Market  is om die lente in al haar gloeiende glorie te vier,” sê Nicolene.

Besoekers kan hulself verlustig in ’n eklektiese verskeidenheid plante en handgemaakte produkte, tot speelgoed en juweliersware en elke aanbieding sal hulde bring aan die seisoen se opgewekte varsheid. Lewendige musiek en wonderlike lente-geïnspireerde kos sal natuurlike pasmaats wees vir Gabriëlskloof se diverse en uitstekende wynversameling.

“Behalwe die lentefokus, sal Gabriëlskloof se Little Spring Market  ’n ontspanne wegbreek wees en daarom het ons die hoeveelheid stalletjies baie min gehou. Dit is ook die perfekte lusmaker vir ons gewilde feesseisoen mark in Desember,” sê Nicolene.

Die markie val oor dieselfde tyd as die Botrivier Lentenaweek (1 – 2 September) en skop Gabriëlskloof se trio van seisoen-geïnspireerde markte af.

Die landgoed se hoof jaarlikse mark, die Gabriëlskloof Favourite Things mark, keer vanjaar van 14 tot 16 Desember terug – net betyds vir daardie laaste minuut-Kersinkopies. Dit bied ’n viering van alles feestelik, heerlik, tuis- en handgemaak. Die eerste Herfsmark sal die naweek van 20 April 2019 gehou word. Hier sal alles wat knus is te koop wees – van droë vrugte, vye en gesmelte kaas tot heilsame soppe, geweefde komberse en leergoedere.

Die Little Spring Market is Gabriëlskloof se voortsetting van ’n trotse tradisie. Behalwe dat die Botrivier wyn- en olyflandgoed uitstekende wyne maak, het dit ook ’n baie goeie reputasie as gasheer vir uitsonderlike en intieme geleenthede, wanneer die grasperke rondom die moderne en estetiese wynkelder in ’n gesinsvriendelike kuierplek omskep word.

Vir meer inligting oor die jaarlikse Gabriëlskloof Little Spring Market, kontak Nicolene Finlayson by 028 284 9865 of nicolene@gabrielskloof.co.za.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s