KAAPSE WYNTOERISMEKONFERENSIE FOKUS OP INNOVASIE

The Business of Wine & Food Tourism-konferensie, nou in sy derde jaar, word op 17 Oktober op die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch aangebied en die indrukwekkende paneel plaaslike en internasionale sprekers sal die tema van innovasie aanspreek.

Die Amerika-gebaseerde wynspesialis, Cathy Huyghe, is vanjaar die hoofspreker. Huyghe is’n wynskrywer vir Forbes en het ook al vir die Harvard Business Review geskryf. Ander sprekers op vanjaar se konferense sluit in Suid-Afrikaanse innovasieleier, Peter Greenwall, die talentvolle Wandile Mabaso, ’n jong, Frans-geïnspireerde sjef wat reeds wêreldwyd gereis het en tans die Johannesburgse kostoneel aan die gons het, asook sjef Kobus van der Merwe wat ’n unieke eet-ervaring met bestanddele uit die Weskus omgewing geskep het, asook Khuthala Gala-Holten, adjunk-besturende direkteur van Joe Public en Tim Harris, hoof-uitvoerende beampte van Wesgro.

Kostes beloop R4 400 (BTW uitgesluit) per persoon. Studente betaal net R1 750 (BTW uitgesluit). ’n Spesiale afslag is beskikbaar vir SAACI-, SATSA-, SITE- en Kaapstad Toerisme-lede.

Vir meer inligting oor die konferensie of om aanlyn te registreer, besoek www.wineandfood.co.za.

Advertisements