Delheim se Sampioen-Snuffeltog vir Natuurliefhebbers

Die Kaap se wilde sampioene steek amper weer kop uit. Maak dus seker dat jy vanjaar heelvoor in die ry is vir Delheim se eksklusiewe Sampioen-snuffeltog Opskiet-reeks! Kom leer by die meesters hoe om wilde sampioene uit te snuffel en te kook by hierdie fungi-ervaring, wat eksklusief vir nuwe- en bestaande lede van die Delheim se gereed-vir-aksie Wynklub is.

Lidmaatskap is so maklik soos 1-2-3! Kies jou 12 gunsteling Delheim-wyne, voltooi jou bestelling en jy is in! Lidmaatskap gee jou nie net toegang tot die sampioen-snuffeltog nie, maar ook ander Delheim geleenthede, kompetisies en spesiale vrystellings.

Delheim – ‘n Stellenbosch steunpilaar en die Suid-Afrikaanse pionier van sampioen-en-wyn ervarings – lê teen die Simonsberge, waar die verleidelike heerlikheid in natuurlike woude se klam grond skuil. Wanneer die weer net reg is, speel ’n stille wonderwerk – net twee maal per jaar – in die woude af: die sampioene steek kop uit.

Meeste mense is maar skrikkerig om wilde sampioene uit te snuffel, want hulle is nie seker watter geskik is om te eet nie. Die Delheim Sampioen-snuffeltog is net die geleentheid om dit te verander.

“Die voorkoms van die wilde sampioene is ’n spesiale tyd, want dis iets wat Moeder Natuur op haar eie vermag,” sê Delheim se matriarg en ervare sampioen-snuffelaar, Nora Sperling-Thiel. “Dis hoekom ons veral sensitief is oor die bewaring van ons wilde eko-stelsels op die landgoed. Ons is baie versigtig in ons benadering jeens die boerdery en ons beperk ook die hoeveelheid deelnemers aan die sampioen-uitstappies.”

Vanjaar se formaat van die Delheim Sampioen-snuffeltog Opskiet-reeks beklemtoon die uitsonderlike geleentheid deur ywerige snuffelaars tot net twee uitstappies te beperk.

Snuffelaars kry ’n kort oorsig oor watter sampioene geskik is en watter vermy moet word, die geleentheid om ’n kundige gids te vergesel op ’n eerste-van-die-seisoen snuffeltog, ’n sampioen kook-demonstrasie en ’n heilsame, fungi-gefokusde middagete met bekroonde Delheim wyne daarby.

 

Die eerste Opskiet uitstappie wat in Maart, April of Mei (afhangende van die eerste reën) sal plaasvind, sal uit ’n groep van net vier gelukkige snuffelaars – wenners van die gelukkige trekking van Delheim Wynklub-lede – bestaan. Hulle sal die geleentheid kry om metgeselle saam te neem. Dis ’n intieme byeenkoms en die tyd tussen hoë dennebome, is beslis ’n ervaring uit ’n ander wêreld.

Vir die tweede uitstappie, iewers in Junie/Julie, sal alle Delheim Wynklub-lede die geleentheid kry om te kan bespreek. Die groep sal groter wees, maar steeds die volle program teen R 650 pp insluit.

“Die bevestiging van die presiese datums sal twee dae voor die geleentheid wees – ’n vereiste wat net gemaak word met die verskyning van die sampioene,” sê Nora.

Daar is geen tyd vir um en ah nie. Delheim se Wilde Sampioen Snuffeltogte het hoogste vermelding ontvang in die Beste Wyn-ervaring kategorie in die Drinks International Wine Tourism Challenge 2017 en besprekings vir vanjaar se geleentheid sal vinnig opgeraap word.

Alle navrae en besprekings – ook om aan te sluit as Wynklub-lid met al die voordele, waaronder die Delheim Sampioen Snuffeltog Opskiet geleentheid, kan na wineclub@delheim.com gestuur word.

 

* BELANGRIK: Wilde sampioene is totaal van die natuur afhanklik en dus onmoontlik om met akkuraatheid te voorspel, veral na lang droogte-periodes. Alhoewel die Delheim-geleenthede tydens die sampioen hoogseisoen gehou word, kan die landgoed nie waarborg dat daar wel op die dag sampioene sal wees nie.

Advertisements